Beskrywing Een van die grootste programme wat ek in die "nuwe" Visual Studio 2008/2010 geskrywe het, was 'n opvolger van my gekose CD/DvD file lys programme, Get ON wat in Visual Basic 5 & 6 geskryf was.
'n Baie diep program wat die lyste stoor beide in .txt én .rtf. Die lys-metode was 'n nuwe uiteensetting. Alhoewel die program goed geskrywe was, het dit nie regtig 'n plek in my hart gevind nie.
Aangesien dit 'n deurmekaar platvorm het, is die .exe file beskikbaar in die Debug gedeelte van die zip file ingesluit. Ook sluit ek die Get ON 65+.exe as 'n aparte download in.
Hier is geen kopieregte vir my inhoud nie. Gebruik soos jy wil. Almal sukkel - net op versillende maniere. Ploerts se splat kom van hier af. Niks was verander nie, net verklein. Laptop outjie kom saam met die program: Rocketcake