Beskrywing Maak lyste van files(leêrs) en/of folders(afdelings/vakke) van hardeskywe, CD's, DvD's.
Daar is heelwat sulke programme beskikbaar op die internet, maar, omdat ekself nie een kon vind wat vir my 'n dood eenvoudige lys kon maak met nét die basiese inligting nie, het ek hierdie program geskryf.
'n Soortgelyke program het ek in 2009 geskrywe (Get ON), maar dit is té diep vir wat ek benodig op hierdie stadium, aangesien ek nie 'n hele hardeskyf of DvD in 'n lys wil hê nie - slegs 'n folder mét die sub-folders daarbinne.
Hier is geen kopieregte vir my inhoud nie. Gebruik soos jy wil. Almal sukkel - net op versillende maniere. Ploerts se splat kom van hier af. Niks was verander nie, net verklein. Laptop outjie kom saam met die program: Rocketcake